Emerituspredikant ds WPF (Piet) van Wyk (74) is Saterdagnag 28 Januarie in sy slaap oorlede.

Die gedenkdiens het op Vrydag 3 Februarie vanuit Gemeente Drie Riviere-Oos plaasgevind.

Ds Van Wyk is op 13 Januarie 1985 georden, en het gedien in Meyerton-Suid totdat hy in 1996 met siekte-emeritaat gegaan het. Daarna het sy gesondheid sodanig herstel dat hy in 2003 tot die bediening hertoegelaat is. Hy het in Sonlandpark gedien tot met sy emeritaataanvaarding in 2013, en daarna in dieselfde gemeente as pastorale hulp.

Ons innige simpatie gaan aan mev Anna Marie van Wyk en hul familie.