Ds Iwana Hartmann, die NHKA se joernalis en leraar in Gemeente Pretoria-Oos, het op 30 Augustus in die huwelik getree met Rikus Kruger.

Die naweekbruilof het plaasgevind by Avianto in Muldersdrift en is gevier saam met familie en vriende.

Ons wens die egpaar groot vreugde en voorspoed toe vir die mooi jare wat voorlê.  

Iwana, nou ds Kruger, het in November 2024 by die NHKA se Sinodale Dienssentrum as joernalis diens aanvaar, en is vroeër vanjaar beroep na Gemeente Pretoria-Oos. Sy is tans besig met haar PhD-studies.