Ds GJ (Gert) van Staden (77) is Sondag 10 Augustus aan huis oorlede. Hy was die afgelope drie maande in en uit die hospitaal met hoë infeksietellings.
Ds Van Staden is op 26 November 1947 gebore. Ná sy studies is hy op 30 November 1971 gelegitimeer en op 27 Februarie 1972 in Magaliesburg georden. Hy dien verder in Laeveld (1978), Gevangenesbearbeiding (1980) en Koedoesrand (1981). Hy het in 2000 emeritaat aanvaar, en daarna weer van 2014 tot 2018 in Koedoesrand gedien. Ons innige simpatie gaan aan sy vrou Lien, en hul geliefdes.
