Prof T (Tanya) van Wyk is met ingang van 1 Januarie 2022 medeprofessor in die Departement Sistematiese en Historiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Teologie en Religie

Prof Van Wyk is in Mei 2009 georden en was deeltyds leraar in Alberton van 2009 tot 2011. Sedert 2014 is sy ’n dosent by UP (eers deeltyds en toe later voltyds, sedert 2018) en is in daardie hoedanigheid bevestig  by die Nederlandssprekende Gemeente in Johannesburg.

Reeds in 2019, op 37 jaar, het prof Van Wyk ’n NRF-gradering gekry in die National Research Foundation se Y-kategorie vir jong navorsers (jonger as 40 jaar) wat reeds op jong ouderdom presteer het. Sy is sedert die begin van 2018 voorsitter van die Fakulteit se Etiekkomitee.

Op die vraag of sy die jongste professor by die Fakulteit is, antwoord sy beskeie: Tans is ek wel op 40 die jongste professor (van albei geslagte) by die Fakulteit, maar vroeër jare het talle jong dosente van ons Kerk professor geword. Ek is veral dankbaar dat ander vroue die baan vir my oopgemaak het om vroeër te kon begin.