Die Kerkorde van die 73ste Algemene Kerkvergadering van die NHKA is pas elektronies in PDF-formaat beskikbaar gestel.

Die roeping van die kerk is om die blye boodskap van Jesus Christus, die gekruisigde en opgestane Heer, as die enigste Verlosser te bely en in die wêreld te verkondig. Omdat dit nuttig en goed is om onder mekaar ’n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, het die 64ste Algemene Kerkvergadering op sy buitengewone sitting in 1997 besluit om die nuwe Kerkorde te aanvaar. Daardie Kerkorde is by elke daaropvolgende Algemene Kerkvergadering gewysig en aangepas om die huidige Kerkorde daar te stel. Ampsdraers en lidmate word opgeroep om die Kerkorde te gehoorsaam.

Die Kerkorde is op die Kerk se webblad geplaas. Gaan na www.nhka.orgAmptelikKerkordes.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap