Die hoop beskaam nie

Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. En nou het ’n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle ’n verskyning gesien het van engele wat gesê het Hy lewe. Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.

Toe sê Hy vir hulle: “Wat ’n gebrek aan begrip en wat ’n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” (Lukas 24: 21-26)

Jesus, ons eer U, opgestane Heer.
Lewensvors en Koning, U het triomfeer!
Hoe was U verneder, hoe het U gely;
hoe is U verheerlik! U voer heerskappy.
Jesus, ons eer U, opgestane Heer.
Lewensvors en Koning, U het triomfeer!

Jesus, ons eer U, opgestane Heer,
omdat U oorwin het, sal ons triomfeer!
Hoe was ons gebonde, hoe was ons verkneg.
U bevry tot lewe, baan vir ons die weg.
Jesus, ons eer U, opgestane Heer,
nou het ons ’n toekoms: lewe by ons Heer!

(Louwrens Strydom,
Gesang 417: 1-2, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap