Die Heilige Gees

Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. … So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Handelinge 2: 17-18, 21)

 

Herskep, o Gees, laat leef, o Gees,

laat kom die koninkryk met mag,

laat mense tot bekering kom,

oorreed deur u oortuigingskrag.

O Gees, verlig ons, laat ons vind

die waarheid wat u Woord ons leer –

dat ons met God en met mekaar

in Gees en liefde kan verkeer.

Herskep, o Gees, laat ons herleef,

maak wakker elkeen in u kerk.

Laat ons uit God se liefde leef,

en dankbaar waak en bid en werk.

(Attie van der Colf, Gesang 436,

Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap