U is my hoop
Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte, want U is my veilige vesting!
(Ps 59: 10, AFR83)
Ek soek na die lewende water,
ek roep en dors na U, Heer –
want ek huil dag en nag, o Here, ek smag
om by u te wees nog ’n keer.
Al is ek ontsteld en mismoedig,
met hartseer en onrus omring,
weet ek God is my hoop, Hy help my weer op –
ek sal al my lof aan Hom bring.
(VONKK 18: 1)