U is my redding
Want Hy het die lyding van die magtelose nie geminag of misken nie; Hy het sy gesig nie vir hom verberg nie; maar toe hy Hom om hulp gesmeek het, het Hy gehoor.
(Ps 22: 25, AFR2020)
U’t die storm beveel en die wind het gaan lê.
U het stilte gebring net deur dit wat U sê.
U’t die siekes genees, Heer en menigtes gevoed.
U het lewe gebring waar hopeloosheid woed.
Halleluja! Halleluja!
Ons prys u Naam, o Heer. Halleluja!
Halleluja! Halleluja!
Ons prys u Naam, o Heer. Halleluja!
(VONKK 271: 1)