Kán jy?

Kan jy die geheimenisse van God ontrafel, of tot die volmaaktheid van die Almagtige deurdring? Dit is hoër as die hemel – wat kan jy vermag? Dit is dieper as die doderyk – wat kan jy weet? (Job 11: 7-8, AFR2020)

U krag, wie is daarteen bestand,
wie, as u grimmigheid ontbrand?
Die strydwa en die oorlogsperd,
wat is dit teen die Here werd?
Die krygers het voor Hom gebewe
toe God Hom in die stryd begewe.

(TT Cloete, Psalm 76: 3,
Liedboek van die Kerk)