’n Tempel vir die Vader
Julle moet na Christus toe kom, Hy is soos ’n klip wat lewe. … Julle is ook soos klippe wat lewe, julle moet bid dat God sy Gees sal gebruik om sy huis te bou met julle. (1 Petrus 2: 4, 5, Die Bybel vir almal)
Heil’ge Gees, U bou ’n tempel
deur die Woord wat kragtig werk.
U lei mense tot bekering,
bou so, wêreldwyd, u kerk.
U kom lei ons in die waarheid;
mense vind hul Vader weer.
Oral sing hul lof en eer.
Hul loof U in alle tale:
Halleluja! Loof die Heer!
Loof die Heer! Halleluja!
(Attie van der Colf,
Gesang 435: 1, Liedboek van die Kerk)