Gekwalifiseerde predikante word uitgenooi om aansoek te doen vir die volgende vakante werkruimtes.
Harare

Die NHKA en die NGK in Harare funksioneer sedert 2019 as een gemeente. Dit is ’n tipies stedelike gemeente en bestaan hoofsaaklik uit ouer persone. Daar is ook lidmate wat buite die stedelike gebied woon. Die vastetermynpos vir drie jaar kan met wedersydse instemming verleng word. Aansoeke word ingewag van ’n tweetalige predikant wat gelegitimeer is in die Hervormde Kerk of die NG Kerk (eredienste word om die beurt in Afrikaans en Engels gelei). Aangesien die skoolopleiding in Zimbabwe geweldig duur is, moet predikante verkieslik nie skoolgaande afhanklikes hê nie.
Die vergoedingspakket beloop ’n leefbare inkomste in Zimbabwe, plus gratis verblyf in ’n gemeubeleerde pastorie (insluitende sekuriteit, telefoon, data, water, ligte en ’n bediende) en gratis gebruik van ’n gemeentevoertuig.
Aansoeke moet vergesel wees van ’n kort CV met vermelding van die kontakbesonderhede van twee referente, en moet gestuur word aan njssteenekamp@gmail.com. Vir meer inligting, kontak die konsulent van die Hervormde Kerk, ds Nicolaas Steenekamp, by 073 279 3315 (RSA); of NHKA oudl Rinus Grau by +263 71 261 1536; of NGK oudl Deon Theron by +263 77 224 6233.
Ermelo

Aansoeke word ingewag van ’n gelegitimeerde predikant, verkieslik in die ouderdomsgroep 30-40 jaar, vir Gemeente Ermelo wat op 31 Augustus 2021 vakant raak. Die gemeente bestaan sedert 1909 en is een van twee NHKA-gemeentes in Ermelo. Die sieletal is tans ongeveer 312. Die ouderdomsprofiel is redelik verspreid, met ’n groot aantal lidmate in die ouderdomsgroep 35-60. Die gemeente beskik oor ’n doelmatige kompleks bestaande uit ’n kerkgebou, saal en kombuis, asook kategeselokale. Die gemeente beskik ook oor ’n ruim pastorie.
Die geskikte kandidaat se lewe moet getuig van ’n passievolle verhouding met God. Liturgies deurdenkte, goed voorbereide, Geesvervulde eredienste is vir die gemeente ononderhandelbaar. Die gemeente kan van aansoekers verwag om ’n erediens in die gemeente waar te neem gedurende die tyd van vakantskap.
Dit is ’n voltydse standplaas wat van die predikant alles verwag soos in die Kerkorde omskryf. Vergoeding, reiskoste, verlof, mediese fonds en pensioen sal volgens die skale en Kerkorde van die Kerk bereken en hanteer word met inagneming van die aantal jare diens. Dit kan insluit gratis inwoning in die pastorie en munisipale koste, of dalk ’n subsidie vir eie behuising. Diensaanvaarding is so gou moontlik nadat die standplaas vakant geraak het.
Aansoeke sluit op 30 Junie 2021. Aansoeke moet vergesel wees van ’n verkorte CV wat die kontakbesonderhede van minstens twee referente insluit. Dit moet gestuur word aan die Adminbeampte, ermelo@nhk.co.za of rouxandry@gmail.com. Die Kerkraad behou die reg – indien so besluit – om nie een van die aansoekers te beroep nie.