Verkiesings en ander nuus

Ds L (Leon) Geel (sr)
Voorsitter
Dit is met groot trots dat die Kerk bekend maak dat Ds L (Leon) Geel (sr) tydens die 74ste Algemene Kerkvergadering as voorsitter van die Kommissie van die AKV verkies is. Die Kerk sien uit na die wyse waarmee ds Geel die Kerk gaan dien. Ons wens hom ’n geseënde termyn toe.
Ds Geel is op 27 November 1986 gelegitimeer en daaropvolgend op 3 Mei 1987 georden. Tydens sy diensplig is hy werksaam in Gemeente Potchefstroom-Suid en ook sedert 1989 in Gemeente Noordelike Pretoria. Hy betree Potchefstroom-Studente vanaf 1995 en daarna vestig hy hom sedert 2004 in Gemeente Grimbeekpark (Potchefstroom). Die Kerk spreek haar dankbaarheid uit teenoor sy toewyding en sy bediening van die Woord.

Ds JM (Janine) Bevolo-Manders
Skriba
Die Kerk maak graag bekend dat ds JM (Janine) Bevolo-Manders as skriba verkies is om op die nuwe Kommissie van die Algemene Kerkvergadering te dien. Die Kerk wens haar ‘n geseënde termyn toe en kyk met opgewondenheid toe na die bydrae wat sy gaan lewer in die termyn wat voorlê.
Ds Bevolo-Manders is op 30 November 1995 gelegitimeer en daaropvolgend op 13 Oktober 1996 georden. Sy was werksaam in Gemeente Wonderboom (deelsorg) in 1996, Gemeente Hartebeeshoek (deelsorg) 1999 en in ’n voltydse kapasiteit sedert 2000. Sy is tans werksaam by Gemeente Witfontein (deeltyds) sedert 2011. Sy het ook by Gemeente Rustenburg-Tuine van 2021 gedien tot einde Januarie 2025.

Ds CEC (Colin) Hertzog
Visevoorsitter
Dit is met blye gemoed dat die Kerk kan meedeel dat ds (CEC) Colin Hertzog verkies is as visevoorsitter op die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering. Die Kerk wens hom voorspoed toe vir die termyn wat voorlê soos hy leiding en ondersteuning bied op die Kommissie.
Ds Hertzog CEC (Colin) is op 25 November 1993 gelegitimeer en vervolgens op 16 Januarie 1994 georden. Hy doen diens in Gemeente Harare sedert 1994, Gemeente Middelburg/Middelburg-Noord vanaf 1999. Vanaf 2002 is hy die leraar by Gemeente Middelburg-Noord.

Dr SM (Sanrie) de Beer
Viseskriba
Die Kerk maak graag bekend dat dr SM (Sanrie) de Beer as viseskriba verkies is om op die nuwe Kommissie van die Algemene Kerkvergadering te dien. Die Kerk wens haar ’n geseënde termyn toe en kyk met opgewondenheid toe na die bydrae wat sy gaan lewer in haar termyn wat voorlê.
Dr De Beer is op 30 November 1995 gelegitimeer en daaropvolgend op 2 Julie 1997 georden. Sy doen diens in Gemeentes Villieria (deelsorg) 1997, Wesmoot (deelsorg) 1997 en sedert 2001 in ’n voltydse kapasiteit, Philadelphia (deeltyds) 2008 en voltyds sedert 2011. Sy is sedert 2019 tot 2022 betrokke by Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Sy is vanaf 2024 ’n dosent by die HTK.

Dr C (Christo) Pretorius
Predikantslid

Dr FJ (Frikkie) Labuschagne
Predikantslid

Dr DJC (jr) (Daan) van Wyk
Sekundus Voorsitter

Prof J (Jaco) Beyers
Sekundus Skriba
Prof J (Jaco) Beyers is op 24 November 1994 gelegitimeer en op 28 Januarie 1996 georden. Hy dien in Gemeente Kempten/Kempton Park-Oos vanaf 1996, Gemeente Verwoerdburg vanaf 1999, Gemeente Verwoerdburg (deeltyds) vanaf 2003, Gemeente Van der Hoff vanaf 2004, Gemeente Verwoerdburg vanaf 2008. Sedert 2011 tree hy op as dosent en dien in Gemeente Verwoerdburg vanaf 2014. Hy is departementshoof vanaf 2021 tot 2024. Hy is tans leraar in Centurion-Oos. Hy is adjunkdekaan van die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van Pretoria (UP) vir die termyn 2022-2026.

Ds JT (Jimmy) Manders
Sekundus visevoorsitter
Ds JT (Jimmy) Manders is op 24 November 1994 gelegitimeer en op 19 Maart 1995 georden. Hy dien in Gemeente Wapadrant (deelsorg) in 1995 en is die leraar in Gemeente Witfontein sedert 1995.

Dr RC (Marina) Kok-Pretorius
Sekundus viseskriba
Dr RC (Marina) Kok-Pretorius is op 21 November 2019 gelegitimeer en op 26 Januarie 2020 georden. Sy is die leraar in Gemeente Potchefstroom sedert 2020. Sy is vanaf 2024 ’n dosent by die HTK.

Dr JM (Thinus) van Staden
Sekundus predikantslid 1
Dr JM (Thinus) van Staden is op 25 Maart 2004 gelegitimeer en op 13 Junie 2004 georden. Hy dien in Gemeente Montana (benoeming) in 2004 en voltyds in Gemeente Montana sedert 2005.

Dr CB (Bernard) Prinsloo
Sekundus predikantslid 2
Dr CB (Bernard) Prinsloo is op 5 Desember 2013 gelegitimeer en is op 19 Januarie 2014 georden. Hy dien sedert 2014 in Gemeente Onverwacht.
Die Kerk stel graag die verkose lede van die intredende Kuratorium wat tydens die 74ste Algemene Kerkvergadering verkies is, aan u bekend.
Die kommissielede vir die Kuratorium bestaan uit dr (JM) Thinus van Staden, dr (DJC) Daan van Wyk (jr), ds (WJJ) Willem Kok, ds (JT) Jimmy Manders en ds (WA) Willem Dreyer (jr), ds (R) Rue Hopley en dr (MJ) Martin Slabbert. Die Kerk spreek haar seën oor die werksaamhede van hul termyn toe.

Dr (JM) Thinus van Staden

Dr (DJC) Daan van Wyk (jr)

Ds (WJJ) Willem Kok

Ds (JT) Jimmy Manders

Ds (WA) Willem Dreyer (jr)

Ds (R) Rue Hopley

Dr (MJ) Martin Slabbert

Toespraak van prof Rantoa Letsosa tydens die AKV
