Verraai en verloën

Die slawe en die tempelwagte het hulle gestaan en warm maak by ’n koolvuur wat hulle gemaak het, omdat dit koud was. Ook Petrus het hom daar by hulle gestaan en warm maak. (Johannes 18: 18, AFR2020)

En toe hulle aan land kom, sien hulle daar ’n koolvuur gereed, en vis wat daarop lê, en ook brood. … Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle?” (Johannes 21: 9, 15, AFR2020)

In die tuin aan die Olyfberg
het die Heer beangs gaan bid
en geworstel met sy Vader
tot sy sweet soos bloed bly drup:
Vader, neem die lydensbeker,
neem dit tog by My verby!
Tog geskied u wil, o Vader!
My verraaier is naby.

Met ’n soen word Jesus Christus
deur ’n volgeling verraai;
nog ’n volgeling verloën Hom
voor die haan se derde kraai.
Sonder volgeling of vriende
is die Heer alleen dié nag.
In die steek gelaat, moes Jesus
op sy kruis, sy sterwe wag.

(Hannes van der Merwe,
Gesang 399: 2-3, Liedboek van die Kerk)