Ds MD (Giel) Malan (64) van Wonderboompoort is Goeie Vrydag, 2 April, oorlede na sy stryd met Covid-19.
Sy vrou, Edith, was in die hospitaal met dieselfde siekte, en is Woensdagmiddag 14 April ontslaan. Hul dogter, Michelle, wat ook positief vir Covid-19 getoets is, het vroeër die voorgeskrewe tyd in afsondering deurgebring.
Mev Malan en haar dogter gaan tans tuis by haar seun en skoondogter, terwyl sy verder herstel. Met die ter perse gaan van Die Hervormer was daar nog nie reëlings getref vir die roudiens nie.
Ons innige simpatie gaan aan mev Malan, hul kinders en die familie.
Nadat ds Malan in Januarie 1984 georden is, het hy in gemeentes Newlands, Secunda-Wes en Potgietersrus gedien, waarna hy verder studeer het. Sedert 2009 was hy leraar in Newlands en Wonderboompoort.
