Ds JH (Jan) Prinsloo is op 27 April oorlede.

Ds Prinsloo is op 24 Februarie 1942 gebore. Ná sy studies is hy op 26 November 1981 gelegitimeer en op 17 Januarie 1982 in Gemeente Orkney-Oos georden. Hy dien in Gemeente Lydenburg vanaf 1985 en aanvaar emeritaat in 2007. Daarná dien hy in Gemeente Dullstroom van 2014 tot 2019 op ’n deeltydse basis.

Hy was mev Karin Steenekamp (NHSV-visevoorsitter: Hoofbestuur) se vader en ds Liza Jansen (Witbank-Suid) se oupa.