’n Belydenis
“Ek betuig met blydskap dat ek die tekens en wonders wat die allerhoogste God gedoen het, kon belewe. Hoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag.” (Nebukadnesar, in Daniël 4: 2-3, AFR83)
Ek skuil by U; bevry my.
Op U stel ek my hoop.
Leer my u wil en lei my,
wys my waar ek moet loop.
Gun my dat ek mag lewe.
Ruim hulle uit die weg
wat na my einde strewe.
Ek dien U as u kneg.
(TT Cloete,
Psalm 143: 3. Liedboek van die Kerk)