Spesiale Deurkollekte Sondag 8 Februarie 2026
Die NHSV, as diensorgaan van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, is dankbaar dat ons ’n rol mag speel in die ontwikkeling van een van Suid-Afrika se grootste bates – ons jongmense.
Deur die NHSV Studieleningsfonds word studente van die Kerk finansieel ondersteun om tersiêre studies in enige studierigting te kan aanpak. Lenings en beurse word toegeken aan studente met besondere meriete en uitstaande prestasies in akademie, kultuur en sport.
In 2025 kon ons, danksy die ruim ondersteuning van ons gemeentes, 38 studente help met ’n totale bedrag van R572 000,00 in studielenings, merietebeurse en prestasiebeurse. Tydens die deurkollekte in Februarie 2025 is R149 904.36 ingesamel vanaf gemeentes, waarvoor ons opreg dankbaar is.
Op Sondag, 8 Februarie 2026 kry lidmate weer die geleentheid om hierdie belangrike fonds te ondersteun deur ’n spesiale deurkollekte. Elke bydrae help ons om in 2026 nóg studente se drome moontlik te maak.
Bankbesonderhede vir deurkollekte-inbetalings:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: NHSV Hoofbestuur
Rekeningnommer: 4051454181
Takkode: 632005
Verwysing: Gemeente se naam + deurkollekte
Baie dankie vir u betrokkenheid en ondersteuning. Saam bou ons aan ’n hoopvolle en geseënde toekoms vir ons Kerk en ons land.
NHSV groete
Sanet van Wyk
Tesourier, NHSV Hoofbestuur