Dr Johan Nel se emeritaat is op 25 Januarie in Gemeente Bloemfontein-Wes saam met familie en vriende gevier.

Dr Nel se vrou, Ilse, het tydens die diens orrel gespeel en hul dogter Carmi Viljoen (’n professionele violis), en hul seun, ds Werner Nel (NGK Klerksdorp), was teenwoordig. Dr Wouter van Wyk, ’n ou klasmaat van dr Nel het namens die Kommissie van die AKV die akte van emeritaat oorhandig. Predikante van die NHKA wat die geleentheid bygewoon het, het di Annelize Rossouw-Lombard, Ivan Katzke en Jaco Dreyer ingesluit. Ds Jan Lubbe, moderator van die NGK in die Vrystaat en Algemene Sinode, het ’n boodskap namens vriende en kollegas oorgedra.