Die Hervormer
April 2026 | Jaargang 119 | Nommer 1
(Kunsmatig) Syn-in-die-wêreld
Wanneer ons oor kunsmatige intelligensie (KI) nadink, kyk ons selde na die verlede – ons kyk eerder verstard na die toekoms.
Christendom of Christenskap?
Die 40 dae van Lydenstyd is ’n geskikte tyd om diep oor ons verhouding met ons gekruisigde Heer Jesus na te dink.
Waar is God in ’n donker wêreld?
Lees: Lukas 24: 13-35
Die afgelope paar weke het dit toenemend moeiliker geword om van al die nuus oor die oorloë…
Uit die Woord
Die Here het opgestaan!
Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het (Matt 28: 6, AFR83).
Wanneer die Lig stilletjies dowwer word
Dit begin selde met ’n krisis. Daar is nie ’n skielike konflik wat almal ontstel nie. Geen dramatiese skeuring of openbare twis haal die koerante nie. Die kerkraad vergader steeds getrou.
Die Hervies-finalejaars skop hul praktiese jaar by Origins af!
Dr Hercules Boshoff en mev Rolandi Mc Geer, finalejaarstudente aan die NHKA, het die week van 9 Februarie hul praktiese jaar by Origins Retreatsentrum in Kromdraai afgeskop.
40 jaar later: Kerk en Samelewing, Belhar en die NHKA se pad van herinnering
Die jaar 2026 is ’n jaar van besondere kerkhistoriese herdenking. Die NG Kerk vier die 40-jarige bestaan van die historiese dokument Kerk en Samelewing
Boekbekendstelling
Die Hervormde Kerk het nog altyd ’n sterk verwantskap tussen teologie en filosofie aangemoedig. Dit is vanuit hierdie goeie verhouding, vertel dr Hercules Boshoff, wat hy inspirasie vir sy boek Verantwoording: die dialektiek van ’n sinryke bestaan geneem het.
Ek en die Here op die pad na my roeping…
Die ordening van prop Peet Bloem is op 1 Maart deur die koor van Gemeente Secunda geopen.
Opening van Hervormde Teologiese Kollege
Op Aswoensdag, 18 Februarie 2026, het dr Hein Delport die jaarlikse opening van die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) by Gemeente Philadelphia met ’n erediens getiteld Noem my Mara behartig.
Stoepstories: Toegegooi
Verswelgde Vernon van Viljoenspos vra: Beste Oupa Stoep, ek probeer elke jaar my verdiep in die stille gewydheid van Lydenstyd, maar dit begin vir my voel of die heelal teen my saamspan om hierdie tyd van die jaar alles behalwe ’n rustige tyd te maak…







