Die Here het opgestaan!
Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het (Matt 28: 6, AFR83).
Hoor jy die Paasfeesklokke?
Hul lui van vroegdag af;
hul jubel oor die wêreld;
Die Heer is uit die graf!
Hy, Christus, die oorwinnaar,
is uit die donker uit!
Die Heer, die sleuteldraer,
sal ook my graf ontsluit.
(Gesang 409: 1)