Die Universiteit van Pretoria (UP) se aansoeke om Teologie te studeer het reeds geopen. Is dit dalk iets waaraan jy sou belangstel?

Die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) nooi jou uit om aansoek te doen om Teologie te studeer, waar jy saam met ander jong gelowiges jou roeping kan verken en ontwikkel, jou geloof kan verdiep, krities kan leer dink en voorberei kan word om met insig en integriteit diensbaar te wees aan die kerk en die wêreld.

Hoe om aansoek te doen:

  1. Doen betyds aansoek
    Gebruik die aansoekskakel: https://youtu.be/fZH3ACaZklM?si=v446fvhoKh9K1_nI

Kies Faculty of Theology and Religion en dan die BDiv‑opsie.
Sluitingsdatum: 30 Junie 2026

 

  1. Gesels met jou gemeente
    Laat weet jou gemeente se predikant dat jy aansoek gedoen het.

 

  1. Stel die HTK in kennis
    Stuur ’n e-pos om te bevestig dat jy aansoek gedoen het aan:

Dr Hein Delport – hein@nhk.co.za

Clarika Hattingh – clarikah@nhk.co.za

 

Moenie tyd verspeel nie, onthou die sluitingsdatum is 30 Junie 2026. Ons hoop om jou deel te maak van ons groep studente!