U is met my

Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer, ek het die verwagting dat my liggaam sal lewe, want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie. U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul (Hand 2: 25-28, AFR83).

Gees van God wat in my woon, breek die Woord vir my.
Gees van God wat in my woon, kom en heilig my.
Troos my, sterk my, leer my, lei my.
Gees van God, kom heilig my – breek die Woord vir my.

Gees van God, wat lewend maak, vul my meer en meer.
Gees van God wat lewend maak, vorm my tot U eer.
Troos my, sterk my, leer my, lei my.
Gees van God, vul my al meer – vorm my tot u eer.

(Gesang 442: 1 en 2)