Ds Johan Koekemoer is op 25 Mei 1961 gebore en het later as jong man God se roeping gehoorsaam om bedienaar van die evangelie te word. Hy is op 27 November 1986 gelegitimeer en op 30 Mei 1987 as predikant van die Kerk georden.

Hy het sy diensplig op Walvisbaai gedoen en het ook die gemeente daar bedien. Hy ontvang en aanvaar ’n beroep na Gemeente Harrismith in 1989 waar hy sy groot liefde, Wilna, ontmoet en met haar trou. Die Here seën hul huwelik met die geboortes van MJ en Anina.

Die gesin verhuis 12 jaar later na Marble Hall waar ds Johan, saam met Wilna (en die kinders), die gemeente vir 25 jaar tot en met sy emeritaatsaanvaarding op 24 Mei 2026 bedien.

Gemeente Marble Hall het ’n heerlike dankfees voorberei waartydens dr Wouter van Wyk namens die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering die akte van emeritaat oorhandig het.

Aan God die eer vir elke bedienaar van sy Woord wat roepingsbewus en met ywer die Evangelie bedien.

(Ds Henk Joubert is leraar van Gemeente Welgelegen-Pietersburg en voorsitter van die van die Ring van Noordelike Bosveld)

Foto: Dr Wouter van Wyk (Kommissie van die AKV en klasvriend), Wilna Koekemoer, ds Johan Koekemoer, ds Henk en Trudie Joubert (voorsitter van die Ring Noordelike Bosveld en klasvriend)