Sonder die Here swoeg ons vergeefs
Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ’n veilige vesting is; so iemand is soos ’n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ’n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. (Jeremia 17: 7-8, AFR1983)
Vergeefs word sonder God jou huis gebou.
Te swak is so ’n huis om stand te hou.
Vergeefs word sonder Hom die stad bewaak.
Vergeefs word alles sonder Hom gemaak.
Vergeefs word vroeg die môre opgestaan,
word laat gaan slaap en moeitevol bestaan.
Vir hulle wat hy liefhet, daarenteë,
sal Hy in hulle slaap dit alles gee.
(TT Cloete,
Psalm 127: 1-2, Liedboek van die Kerk)