Blitspos

Betaalde advertensies in hierdie nuusbrief

Advertensies waarvan ’n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin ’n gemeente ’n projek prominent wil bekendstel, kan in hierdie nuusbrief geplaas word. (Tekskennisgewings van gemeentes is gratis.) Indien ’n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit 15,5 cm breed x 6,5 cm hoog wees, resolusie 1878 x 815 pixels, 150-300 dpi.

Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 75 woorde met of sonder eenvoudige grafika of ’n foto saam met die bewys van betaling aan mej Sanet du Plessis, per e-pos na taal@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie.

Die teks en bewys van betaling moet mej Du Plessis bereik teen 16:00 op die Maandag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Blitspos word normaalweg die Woensdagoggend afgehandel en teen die middag op die webblad gelaai. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings.

Die koste is R350 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + Blitspos. Neem kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om ’n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal.