Dinsdag 27 Januarie – Laat u wil geskied
Romeine 12: 1-2
Die volgende bede van die Onse Vader is: Laat u wil geskied (Matt 6: 10). Ons het gesê dat as ons dink aan gebed, ons moet dink aan ’n selfoon. Hoe ’n selfoon gelaai moet word om te kan werk. So ook moet ons as gelowiges gelaai en herlaai word om te kan werk. Om ons doel as kinders van God op aarde uit te leef.
Die feit dat die bede in ’n passief staan, kan ons maklik laat dink dat die werk om God se wil te laat geskied alleenlik in sy hande rus. Natuurlik is dit ook waar. God in sy almag laat sy wil geskied op ’n menige maniere. Dit hef egter nie die verantwoordelikheid op van ons as God se kinders om God se wil vir hierdie aarde meer bekend te maak nie.
Maar hoe lyk God se wil? Waar vind ons God se wil? Die antwoord natuurlik is in God se Woord. Maar daar is eintlik ’n stap wat voor dit moet gebeur. Dit is presies waarvan Romeine 12: 2 praat: …maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is. Ons as mense kan nie onderskei wat die wil van God is nie. Ons kan nie eers net die Bybel lees en daaruit die wil van God aflei nie. Immers is van die grootste vergrype in die geskiedenis afgemaak as die wil van God. Dit is alleen as die Gees van die Here ons gedagtes vernuwe dat ons as mens kan insien wat God se wil vir hierdie wêreld is.
Daarom wanneer ons bid: Laat u wil geskied, bid ons eerder: Here laat u wil geskied. Gee my die insig om te onderskei wat u wil is vir hierdie wêreld. Herlaai my pap batterye dat ons verder u wil aan die wêreld bekend kan maak. Amen.
Ds Willem Dreyer, Groot Marico
Maandag 26 Januarie – Laat u koninkryk kom
Matteus 6: 5-14 Die volgende bede van die Onse Vader wat ons gaan behandel is die gebede: Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied (Matt 6: 10, AFR2020). Ons het gesê dat as ons dink aan gebed ons moet dink aan ’n selfoon. Hoe ’n selfoon gelaai moet word om te kan...
Sondag 25 Januarie – Ons Vader wat in die Hemel is, laat u naam geheilig word
Romeine 8: 12-17 Wat is gebed? Dit is ’n geldige vraag. Die Here Jesus sê dat die Vader weet wat ons nodig het. Is dit dan nodig om te bid? Gebed is die vrug van ons verhouding met God. Net soos wat kommunikasie die bewys van ’n verhouding tussen eggenote is, so is...
Saterdag 24 Januarie – Steeds is daar geen einde nie
Matteus 8: 5-13 (AFR2020) God werk nie net in Suid-Afrika nie. Gister het ons gesien selfs in Aram een van Israel se aartsvyande gebruik Hy ’n Israelitiese dogter. Matteus vertel weer vandag van Jesus wat in Kapernaum besig was. Daar is eintlik drie verhale waar Jesus...
Vrydag 23 Januarie – Moenie twyfel aan sy liefde nie
2 Konings 5: 9-15 (AFR2020) God werk nie net binne die grense van die gemeente waaraan ons behoort nie. Hy is orals teenwoordig. Selfs in Aram, een van Israel se tradisionele vyande, is Hy werksaam. ’n Israelitiese dogter wat slagoffer van een van die Aramese...
Donderdag 22 Januarie – Honger en dors wees na sy teenwoordigheid
Johannes 6: 27-35 Die skare wat ooggetuies van Jesus se wonderwerk met die vermeerdering van die vyf garsbrode en twee vissies was, is die volgende dag opsoek na Jesus. Jesus wys hulle summier daarop dat hulle Hom soek omdat hulle versadig geword het van die brood en...
Woensdag 21 Januarie – God se liefde het nie brieke nie
Johannes 4: 5-42 (AFR2020) Jesus, ’n Joodse man in Samaria, is moeg en dors. Sy dilemma: Hy het géén skepding vir drinkwater byderhand nie. Jesus is egter die bron van Lewende Water. Die Samaritaanse vrou is tuis. Sy het ’n skepding en het dus toegang tot die water...