Donderdag 22 Oktober – Kerkgroeistrategie 101
Handelinge 2: 47
En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg (Hand 2: 47b).
Kom ons staan vir ’n oomblik stil en verwonder ons aan die vroeë Kerk van die eerste eeu se geheime sous vir eksponensiële groei. Wat was hulle suksesresep? Was dit hul onberispelike handelsmerk? Hul Instagram- en Facebook-teenwoordigheid? ’n Indrukwekkende vyf-stapplan met bypassende koffiebekers? Nee. Dit blyk dat dit… God was. Hy alleen!
Ja, hoe vreemd dit ook al klink, die vroeë gelowiges het nie ’n kerkkonsultant gehuur of ’n retreat in die Judese heuwels aangebied nie. Hulle het nie eers ’n kerkgebou gehad nie. Daar was geen traktate met preekreekse nie, en beslis geen parkeerwagte in weerkaatsbaadjies nie. En steeds, ten spyte van dit wat hulle nie gehad het nie het mense by die gemeente bly aansluit. Daagliks. Omdat die Here self blykbaar in beheer van lidmaatskap was. Stel jou dit voor.
Terwyl die dissipels gebid het, brood gebreek en die nagmaal bedien het, was God aan die voorpunt besig om die swaar werk te doen. Niemand het ’n Excell-sigblad gehad met mense se name, adresse en kontakbesonderhede nie. Petrus het nie ’n jaarverslag opgestel wat tydens ’n ringsvergadering behandel is nie.
God het eenvoudig mense tot die gemeente bygevoeg. Sonder bemarkingsplanne. Sonder foefies. Mense wat gered word, is bygevoeg, nie gewerf nie, nie gedwing nie, nie gelok deur die belofte van gratis melktertjies of kolwyntjies nie, maar gered. En nie net op spesiale Sondae of tydens herlewings met dramatiese orrelverwerkings nie – daagliks. Soos in, God-werk-selfs-op-Maandae-daagliks.
Miskien het ons die hele ding oorgekompliseer. Miskien wanneer die kerk getrou is – toegewy aan lering, gemeenskap, gebed en brood breek – stel God nogal baie daarin belang om dit te laat groei. Miskien was die hemel se kerkgroeiplan nog altyd minder oor foefies en planne en komitees; en meer oor ’n goddelike teenwoordigheid.
Ons is net hier om gemeenskap onder mekaar te hê en in verwondering te wees oor wat God doen.
Ds Dawie Jacobs, Emeritus
Vrydag 16 Oktober – Die kerk se krag deur die Heilige Gees
Handelinge 1: 1-8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees... (Hand 1: 8a). Voel jy soms dat daar van jou verwag word om dinge te doen waarvoor jy nie die krag het nie? Miskien voel jy dat jy as Christen nie...
Donderdag 15 Oktober – Die kerk as ligdraers in die wêreld
Matteus 5: 13-16 Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie (Matt 5: 14). Die wêreld kan soms ’n baie donker plek wees. Kyk na die nuus: konflik, onreg, verdrukking, wanhoop. In hierdie konteks kry Jesus se woorde nuwe...
Woensdag 14 Oktober – Die kerk as God se familie
Efesiërs 2: 13-22 Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God (Ef 2: 19). Familie is ’n belangrike konsep in elke kultuur. Die behoefte om êrens te behoort, om ’n plek te hê waar ons...
Dinsdag 13 Oktober – God se meesterplan vir die kerk
Matteus 16: 13-20 …sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie (Matt 16: 18b). Is daar iets meer gerusstellend as die wete dat die kerk nooit sal verdwyn nie? Nie omdat mense so toegewyd is nie, of omdat ons strategieë so briljant is...
Maandag 12 Oktober – Die lewende tempel
1 Korintiërs 3: 10-17 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? (1 Kor 3: 16). Toe die Israeliete in die woestyn gewandel het, het God in ’n tent, die tabernakel, tussen hulle gewoon. Later het Salomo ’n permanente...
Sondag 11 Oktober (Dankdag vir die oes/Biddag vir die gesaaides) – Dankbaarheid vir God se voorsiening
Psalm 67: 1-8 Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën (Ps 67: 6). God is die oorsprong van alle lewe – Hy skenk reën, sonskyn en vrugbare grond. Vandag herinner ons onsself aan hierdie waarheid terwyl ons dankie sê vir die oes wat ingesamel is en bid...