Donderdag 1 Oktober – MISSIONALE gelowigwees/kerkwees
Markus 14: 43-52; 16: 1-8
Hoe word ’n gelowige missionaal? en Hoe word die kerk missionaal? Michael Gorman gee in sy boek Becoming the Gospel ’n praktiese antwoord op dié vraag. Sy antwoord, kortweg opgesom, is die volgende: ’n Gemeente is missionaal wanneer dit deelneem aan die lewe en karakter van ’n sturende God wat Hom geopenbaar het in die gekruisigde en opgestane Christus en waar hierdie deelname tot diep transformasie van die gelowige en gemeente lei. Dit wil sê missionale gelowiges en ’n missionale gemeente vergestalt die DNS van die drie-enige God.
Wanneer jy met die werklikheid van Jesus se bestaan gekonfronteer word het jy ’n keuse: veg of vlug. In Markus 14: 43-52 lees ons van Jesus se gevangeneming. Jesus se dissipels vlug; ons lees hulle het letterlik weggehardloop. Daar was ook ’n sekere jongman met net ’n doek om sy lyf wat selfs die doek gelos en kaal weggehardloop het. Gelowig- en kerkwees in die stormtye vra ’n keuse: veg of vlug? Dit is ironies dat dit juis die dissipels, die mense van Jesus se binnekring, was wat gevlug het.
In Markus 16 leer ons die ander kant van die keuse ken. Die storm is op sy ergste, Jesus is dood. Hy lê in die graf. Al die drome van sy volgelinge lê aan skerwe. Dit is net die vroue, Maria Magdalena, Maria en Salome wat nie vlug nie. Hulle ontdek dat hy opgestaan het. Ons lees hulle het na die jongman in die graf geluister en daarna van skrik ook weggehardloop. Hulle hardloop weg van die graf om vir Jesus se dissipels te gaan vertel hy het opgestaan. Dit is missionaal!
Gelowiges en gemeentes is in murg en gebeente missionaal wanneer hulle hardloop om aan die wêreld van die opgestane Heer te gaan vertel. Hierdie vertel is in wese nie net woorde nie, maar veral dade. Uitreikaksies is missionêr, maar as die evangelie jou hart verander, verander jou roeping – en as jou roeping verander, leef jy missionaal.
Gaan jy veg of vlug? En net so belangrik: Gaan jou gemeente veg of vlug?
Dr Hannes Janse van Rensburg, Zuurfontein / SGB Interimbegeleiding
Vrydag 25 September – Mosterdsaad geloof
Lukas 17: 1-6In ons wandel met die Here kom daar oomblikke wanneer die opdragte van Jesus ons oorweldig. Om nie ’n ander te laat struikel nie, om onophoudelik te vergewe, om met nederigheid te dien. Dit voel soms bo ons vuurmaakplek. Net soos die apostels roep ons...
Donderdag 24 September – Hoop wat groei!
2 Korintiërs 1: 3-11Dit is Hy wat ons uit so ’n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red (2 Kor 1: 10).In 2 Korintiërs 1 gee Paulus ons ’n kosbare blik op hoe hoop ná ’n moeilike tyd versterk word naamlik...
Woensdag 23 September – Bewaak jou hart
Spreuke 4: 23In die Skrif is die hart nie net die setel van emosies nie, maar die sentrum van die hele mens, naamlik die bron van denke, wil, begeertes en geloof. In die lig van God se koninkryk besef ons dat die hart bewaar moet word – nie net teen wêreldse invloede...
Dinsdag 22 September – God versterk om ander te versterk
Handelinge 14: 21-23’n Klein seuntjie roep benoud uit sy kamer: Mamma, ek is bang! Sy ma antwoord: Moenie bang wees nie, Jesus is by jou. Maar die seuntjie roep terug: Ek wil iemand hê met ’n regte vel aan. Hierdie kind se behoefte wys iets wat ons almal ken – dat ons...
Maandag 21 September – Bid, vra, doen, herhaal
1 Samuel 30: 1-8Het jy al iets beleef dat jy net kon huil totdat daar niks oor is om mee te huil nie? Dalk ’n verlies of skoknuus wat jou heeltemal platgeslaan het? Dawid het ook só ’n oomblik beleef en hoe hy dit hanteer het, gee ons vandag rigting en hoop.In die...
Sondag 20 September – God in die ergste oomblikke
Genesis 39: 20b-21Mark Manson het gesê: Die grootste verandering in perspektief by mense gebeur gewoonlik naby die einde van ons ergste oomblikke. Die intense pyn van krisisse dwing ons om belangrike vrae oor God te vra, die betekenis van lewe, en waarom my keuses nie...