Donderdag 23 Julie – Soek allereers die Koninkryk van God
Matteus: 6: 33
Daar is lekker soek en daar is sleg soek. Om na jou bril te soek is sleg soek. By ons huis kom alles tot stilstand as my bril of ’n kind se das soggens soek is. Ek soek ook daagliks na my beursie of my selfoon.
Dan is daar ook lekker soek. Om die die Wildtuin te ry en te soek na diere is een van my gunsteling soeke.
Maar dan is daar ’n belangriker soek – die soeke na die Koninkryk van God. Die 1933-vertaling vertaal Matteus 6: 33 met: Maar soek allereers die Koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Die Griekse woord vir Koninkryk is basileia. Matteus 6: 33 roep God se kinders op om God se dinge eerste te stel – om elke dag in ons handel en wandel vir onsself af te vra: Waar is God se basileia?
Die teoloog Trevor Hudson beskryf die Koninkryk van God met die droom van God as hy skryf: From the beginning of his public ministry, Jesus’ life and message revolved around God’s dream for the world. In the familiar language of the first-century Jewish world, He called his dream ‘the kingdom of God’. God’s kingdom is where God rules and reigns, it is where God’s will is one, where what God wants to happen, really does happen.
Ons is elke dag blootgestel aan verskeie keuses en geleenthede. Daar is soveel verskillende maniere hoe ons beide ons tyd en energie kan spandeer. Elkeen moet daagliks self die keuses maak. Dietrich Bonhoeffer verwys na ’n geloof waaraan ’n koste verbonde is want as ons waarlik na God se Koninkryk soek, beteken dit dat ons soms ’n prys daarvoor moet betaal. Martin Luther het geskryf: The kingdom of God does not consist in talk, but in power, that is, in works and in practice.
Waarna soek jy tans in jou lewe?
Gesang 471: 1:
Soek allereers die koninkryk van God;
en sy geregtigheid.
Wat julle nodig het sal die Vader dan
vir julle gee uit sy oorvloed.
Ds Lydia Miller, Villiers
Donderdag 19 Februarie – Ek gaan oorgelewer word om gekruisig te word
Markus 8: 27-33 Die dood ruk die mat onder ons uit. Meestal kom dit soos ’n dief in die nag. Sonder waarskuwing of tyd vir voorbereiding. Die meeste van ons het al hierdie ervaring gehad. Soms het ’n mens dalk geleentheid om voor te berei, maar die finaliteit kom ruk...
Woensdag 18 Februarie (Aswoensdag) – As U die Seun van God is…
Matteus 4: 1-11 Dit is vandag Aswoensdag, die eerste dag van die 40 dae wat oploop na die Paasgebeure toe. Dit is ook die gebruik om met as die teken van die kruis op ons voorhoof of hand te maak. Ons gebruik as om ons daaraan te herinner dat ons van stof is en weer...
Dinsdag 17 Februarie – God ondersoek die gesindheid van die hart
Jesaja 1: 2-20 God en sy volk Israel is hier in ’n hofgeding. Deur die profeet Jesaja word die volk aangekla van al hulle misdade teen God. Die hemel en aarde word opgeroep as getuies om te kom luister na die klag wat teen hulle gelê word. God het sy volk soos kinders...
Maandag 16 Februarie – Die Here vergewe ons ons oortredinge
Psalm 103 Ons wil blydskap en vreugde najaag, maar dan ontdek ons dat ons lewens wipplank ry tussen goed en sleg, vreugde en hartseer. As ons beheer kon uitoefen sou ons langer aan die kant van goed wou vertoef, maar ongelukkig voel dit of die anderkant die...
Sondag 15 Februarie – Wag op die Here
Psalm 130 In ons verhouding met God beleef ons soms ongeduld. Veral wanneer ons wag op die verhoring van ons gebede. Ons wag dalk al so lank! Waarop en hoe wag jy? Abram en Sara het gewag om ’n kind te kry, die volk wag vir bevryding uit Egipte. Ons wag soms verkeerd....
Saterdag 14 Februarie – Dit gaan goed met die mens
Psalm 1 Vir bykans alles in die lewe is daar riglyne, van koekbak tot die hoeveelhede kos vir jou hond. Psalm 1 bied vir ons riglyne vir die lewe. Almal wil gelukkig wees en vrede ervaar. Hoe om hierdie geluk te bereik, word in die Psalm aan die hand van twee groepe...