Vrydag 10 Julie – Wat staan ons te doen?

Handelinge 2: 37-41; Jakobus 2: 14 en 26

By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en hulle vra: Wat moet ons doen? (Hand 2: 37).

In Jakobus 2: 14 word die vraag gevra hoe iemand kan beweer om te glo, maar dit word nie deur dade bevestig nie. Jakobus gebruik ook ’n verdere beskrywing in vers 26 deur te sê dat net soos ’n liggaam wat nie asemhaal nie, dood is, net so is geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.

Na Petrus se toespraak op die Pinksterdag waarin hy en die dissipels getuig het dat Jesus uit die dood opgestaan het en dat die gekruisigde Jesus deur God as die Here en Christus gemaak is, word daar aan Petrus die vraag gestel oor wat nou gedoen moet word. Petrus se antwoord daarop is baie duidelik: Bekeer julle, doop julle en julle sal deur God vergewe word en die Heilige Gees as gawe ontvang. Die rimpeleffek hiervan word tot vandag nog beleef wanneer ons as kerk en as geloofsgemeenskap elke dag hierdie wonderlike gawe uitleef om as God se kinders dankbaar en diensbaar in sy koninkryk werksaam te wees.

Deur die Woord van God uit te leef en met ander te deel, is ons besig om die geskenk van die Heilige Gees wat God se lewensasem aan ons is, deur ons dade uit te dra en sigbaar te maak. Geloof is nie passief nie. Dit is nie om te sit en te wag en om te kyk wat God vir my kan doen nie, maar veel eerder om deur ons dade dit wat ons van God ontvang het, te deel met ander. Ons moet aansluit by en voortbou op die onderlinge verhouding, sorg en liefde wat daar bestaan het onder die eerste bekeerdes na die uitstorting van die Heilige Gees.

Die kosbaarheid van ons geloof en ons verhouding met God is daarin geanker dat God ons lief het. Ons tree op vanuit sy liefde vir ons en daarom is ons geloof ook nie iets wat lyk soos ’n afgesonderde eiland waar elkeen maar net aan hom of haar self dink nie. Ons fokus moet op God gerig wees en ons strewe moet wees om deur ons dade te bou aan sy koninkryk.

Die eerste gemeente wat tot stand gekom het, het deur hulle dade getuig dat die Gees van God in hul lewe en hulle het God daarvoor geprys. Die uitvloeisel hiervan was die redding van ander en die uitbou van God se gemeente. Wat staan ons te doen? Bou, voeg by, getuig en prys God, want aan Hom kom die eer toe!

Ds Jaco Vogel, Rooihuiskraal

Saterdag 29 November – Die strome van die lewe…

Esegiël 47: 1-12 Die beskrywing van die water se sterkte in dié Skrifgedeelte is geen toeval nie. Eers enkeldiepte, dan kniediepte, dan heuphoogte, en dan moet Esegiël swem in hierdie stroom se rigting, want dit is gewoon te diep. Mag dit wees dat Esegiël voel hy word...

read more

Donderdag 27 November – Die goeie Herder

Johannes 10: 1-21 In die Bybelse tyd moes boere dieselfde doen as wat die meeste boere vandag in Suid-Afrika moet doen om hul skape veilig te hou: Jy moet jou skape kraal. Hierdie skaapkrale was gereeld in die middel van ’n familie se grondgebied met die familie se...

read more

Donderdag 27 November – Die goeie Herder

Johannes 10: 1-21 In die Bybelse tyd moes boere dieselfde doen as wat die meeste boere vandag in Suid-Afrika moet doen om hul skape veilig te hou: Jy moet jou skape kraal. Hierdie skaapkrale was gereeld in die middel van ’n familie se grondgebied met die familie se...

read more

Dinsdag 25 November – Die laaste flardes van hoop…

Markus 5: 21-43 Hierdie is ’n besige verhaal waar Jesus op pad is om die belangrike raadslid van die sinagoge se dogtertjie te gaan genees. In die skare is daar een wat self genesing so nodig het. Een waarvan niemand weet nie. ’n Desperate vrou wat al 12 jaar lank al...

read more