Handelinge 8: 26-40

Though FOMO isn’t a diagnosable psychological condition – at least not yet – this phenomenon can directly impact both mental and physical health. While social media can be a big cause of FOMO, it certainly isn’t the only culprit. The feeling of wanting to fit in and belong far outdates the Internet.

Ek wonder of die verhaal van die Etiopiër en Filippus nie dalk so ’n geval is nie? Alhoewel daar nie internet was nie, het hierdie man aanhou klop aan die deure van die tempel in Jerusalem. Maar hoekom het die Etiopiër aangehou om dit aan homself te doen? Volgens die teks in Deuteronomium was daar net eenvoudig geen plek vir hom hier nie. Weet jy wat het hy gedoen? Hy het gedoen wat ek en jy ook soms doen. Hy het deur die blaaie van die Skrifte geblaai om te kyk of sy naam daar staan. Almal in die wêreld doen dit. FOMO! The fear of missing out.

Soos hy deur die Skrifte blaai, sien hy iets in Jesaja 53: 7: Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ’n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ’n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. En Filippus het vir hom gevra: Verstaan jy wat jy lees? Ja. Nie eintlik nie. Filippus het vir hom alles begin vertel van Jesus. Ek wens ek was daar. Dit was ’n goeie preek. Amper soos Petrus se Pinksterpreek. Die wa kom toe by water aan. Die Etiopiër vra of hy gedoop kan word.

Jy pas nie in ’n groepie in die kerk nie. Jy pas nie in die prentjie nie. Hoeveel keer het ek en jy dit na al gehoor nie? Wat staan my te doen? Die wa het gestop. Hoekom? Want iemand het sy hand opgesteek. Kan ek ook deel wees? Ja, want Iemand anders het ook nie ingepas nie. Christus was ook die lam wat vir my geslag is.

Dr Hein Delport, Swartkop / Hervormde Teologiese Kollege