Sariné Potgieter

Lynette Lötter

Daniel Steinmann

Donderdag 19 November 2020 is drie studente in die Kerk gelegitimeer en beroepbaar gestel.

Sariné Potgieter (25) en Lynette Lötter (24) is tydens die plegtigheid in Pretoria gelegitimeer, en Daniel Steinmann (59) virtueel in Windhoek. Daniel het gedurende die 1980’s sy teologiegrade behaal maar nooit tot die bediening toegetree nie. Hy is tans redakteur van die Namibia Economist.

Sariné het, met lof, toekennings ontvang in Godsdiens- en Sendingwetenskap, Dogmatiek en Christelike Etiek, Nuwe Testamentiese Wetenskap, Ou Testamentiese Wetenskap en Kerkgeskiedenis. Sy het ook die toekenning vir akademiese prestasie oor die hele terrein van teologiese studie ontvang, asook die Cules Boshoff-erepenning. Hierdie erepenning is vir uitstaande akademiese prestasie en baie goeie leierskap in die studentegemeenskap soos by Huis Teologie, die Van der Hoff Teologiese Vereniging en ook in die gemeente waar sy betrokke was. Lynette het, met lof, die toekenning in Praktiese Teologie ontvang, asook die Kuratoriumprys vir die beste skripsie.

Ons verwelkom hierdie nuwe proponente in die Kerk. Lynette het reeds ’n beroep aanvaar na Gemeente Montana (deeltyds).

Share via
Copy link
Powered by Social Snap