Wanneer ’n predikant emeriteer, is daar ’n leeftyd se sketse en verhale wat ’n terugblik op sy werksaamhede bied. Dit is inderdaad ook waar van ds Pienaar.

Ds Pienaar behaal sy BD-graad in 1986 aan die Universiteit van Pretoria. Hy word gelegitimeer op 27 November 1986 en op 10 Mei 1987 word hy as predikant van die NHKA georden. Hy doen diensplig te Grootfontein. Vanaf 1989 dien ds Pienaar as predikant op Tarlton en in 2001 ook as deelsorgpredikant vir Tarlton en Roodepoort. In 2005 aanvaar hy die beroep na Gemeente Kruin en is steeds, selfs na sy emeritaataanvaarding op 20 September 2026, daar werksaam.

Ds Pienaar het op verskeie rade en komitees binne die kerk gedien en word wyd erken as een van die meer belese en berese predikante in die Kerk. Die NHKA is opreg dankbaar vir die goeie werk wat ds Pienaar in verskeie gemeentes en in die breër Kerk verrig het.

(Diaken Mac van Zyl is lid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering)