Emerituspredikant ds T (Theuns) Snyman (83) is Woensdag 29 Mei na ’n lang siekbed oorlede.

Hy is maande gelede in ’n versorgingseenheid in Potchefstroom opgeneem nadat sy toestand verswak het. Sy vrou, Ina, is op 7 Desember 2016 oorlede.

Ds Snyman is op 21 Januarie 1967 georden en het gedien in Roodepoort, Marikana, Lichtenburg-Oos, Klerksdorp-Wilkoppies en Potchefstroom Die Wilge. Hy het in 2006 emeritaat aanvaar.

Die gedenkdiens op Vrydag 7 Junie vanuit Gemeente Grimbeekpark is gelei deur ds Leon Geel (sr). Ons innige simpatie gaan aan ds Snyman se familie, en in die besonder aan sy dogter, ds Elmien Snyman van Sundra/Zesfontein.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap