Gemeentes word weer gewys op die belangrikheid om seker te maak dat hulle geregistreer is vir die kerkmusieklisensie van Bybel-Media (wat hulle in staat stel om die Liedboek en VONKK-liedere af te laai, te projekteer en te stroom).
Dit is die konsolidasie van verskillende lisensies wat in die verlede afsonderlik betaal is. Die enigste lisensie wat nié hierby ingesluit is nie, is CCLI, wat slegs nodig is as gemeentes Flam-liedere of Engelse liedere gebruik. Die enigste gemeentes wat wetlik nie die lisensie hoef te betaal nie, is gemeentes wat slegs die Liedboek uit boekies sing.

Hier is die korrekte proses vir registrasie:
Besoek www.missio.org.za (die webblad van Bybel-Media). [Let wel dat die webblad ook Engelse persone bedien en daarom is van die terme op die webblad in Engels.]
Klik op die boonste keuselys op Shop en kies NHKA Kerkmusieklisensie.
Dit neem jou na die bladsy wat spesifiek aan die NHKA se lisensie gewy word. Onderaan is die opsie om jou gemeente se amptelike lidmaattal te kies. Kies die korrekte opsie en tik die gemeente se naam in. Klik dan Add to cart.
Klik dan op Proceed to Check Out en vul al die inligting wat gevra word, in. Klik dan op Place order. Let asseblief daarop dat die regte betaalopsie gekies is.
Nou is jy gereed om die nuwe webblad te begin gebruik! Klik nou op Content boaan die blad en dan op Kerkmusiek. Nou is jy binne die deel van die webblad wat die inhoud van die liedere vir jou ontsluit.
Vir enige navrae en hulp met die missio-webblad, kontak Ilse by ilse@bmedia.co.za.