Vanjaar bied Excelsus, die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling, weer saam met vennote in die NG Kerk en die Hervormde Kerk ’n Lentekonferensie aan. Dit sal die 19de keer wees dat dié eiesoortige konferensie gehou word. Die konferensie bied predikante die geleentheid om 30 VBO-punte te verwerf, en vir twee en ’n half dae word ’n leergemeenskap gevorm wat saam reis om kennis en vaardighede op te skerp.

Die Lentekonferensie begin Dinsdag 17 September om 09:00 en eindig Donderdag 19 September teen 13:00.

Daar is vier oop sessies wat elke konferensieganger bywoon. Dié sessies word aangebied deur ds Jan Lubbe, Excelsus en die Dosenteraad van Tukkies, prof Reggie Nel en dr Jana van den Munchof. Daar is ook in die oggende ’n keuse tussen drie wegbreeksessies. Hierdie sessies word oor die drie dae ontwikkel. Die aanbieders is drr Nioma Venter, Barry Tolmay en die Taakspan Kategese (di Anandie Greyling, Wynand van Niekerk en Christian Oberholser).

Dinsdagmiddag se wegbreeksessies word deur die volgende dosente van die Universiteit van Pretoria aangebied: Proff Danie Veldsman, Tanya van Wyk, Christo Lombaard, Jaco Beyers, Sias Meyer, Hannes Knoetze, Johan van der Merwe en dr Annette Potgieter. Konferensiegangers kies een van die wegbreeksessies (al die sessies sal opgeneem word en ná die konferensie beskikbaar gestel word).

Woensdagmiddag is daar ’n keuse van drie wegbreeksessies wat herhaal word sodat konferensiegangers twee keuses kan maak. Hierdie sessies word aangebied deur dr Annemarie-Paulin Campbell en die VBO Taakspan se Dagbestuur (drr Marnus Havenga, Wynand Fourie, Jana van den Munchof en Tom Smith). Die derde wegbreeksessie is in die formaat van TED Talks (tussen 10 en 12 minute elk) en word aangebied deur Le Roux Schoeman, di Dewald Niemandt, Sanré Benadé, drr Pieter Visser en Lieze Meiring.

Die inskrywingsfooi is R1 450 per persoon; emeriti en studente betaal slegs R750. Inbetalings kan gedoen word by TSO, ABSA, takkode 632005, rekeningnommer 142 0830 463, verwysing LK24 plus naam en van van individu, of LK24 plus naam van gemeente indien vir  meer as een inskrywing betaal word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 13 September 2024, waarna geen terugbetalings gedoen sal word nie. Kontak Rika by excelsus@up.ac.za vir meer inligting en die inskrywingsvorm.