Dr GCJ (Gerhard) Nel van Gemeente Horison Roodepoort is tydens die Kommissie van die AKV se vergadering aan die begin van Junie vanjaar benoem as nuwe redakteur van die Almanak.
Dr Nel het reeds met die res van die redaksie en ander rolspelers vergader en rigting begin gee aan die 2025-uitgawe. Tydens dié vergadering het hy verwys na samehorigheid as eienskap van die NHKA. Terwyl gemeentes veg om oorlewing, is die dokumente van die Kerk kosbaar. Die voorwoorde van die Almanak deur die jare wys, soos die geslagsregisters in die Ou Testament, op die getuienisse van die dienswerkers van die Here. Ons werk met die Here se genade.
Dr Nel volg in die voetspore van prof WA (Wim) Dreyer (redakteur van die uitgawes van 2019 tot 2024), dr C (Christo) Pretorius (2016 tot 2018), dr KD (Kálmán) Papp (2009 tot 2015) en ds APJ (Dries) Beukes (2007 tot 2008).
