Die tema van die 49ste Nasionale NHSV Kongres is Lééf die Liefde: Laat julle lig só voor die mense skyn… (Matteus 5: 16).

Die openingsgeleentheid vind plaas op Sondag 14 Junie 2020 vanaf 17:30 by Gemeente Wonderboom, Marjoramlaan 84, Wonderboom-landbouhoewes, en die Kongres op Maandag 15 en Dinsdag 16 Junie by Batter Boys Village, Jeugdstraat 32, Montana, Pretoria.

Registrasie vind plaas op Sondag 14 Junie van 16:00 tot 17:00 by Gemeente Wonderboom.

Die erepresident, erelede van die Vereniging, predikantsvroue wat deur hul onderskeie takke afgevaardig is, voorsitters van takke wat nie predikantsvroue is nie, vrouepredikante van die Kerk wat deur hul takke afgevaardig is, en hoogstens twee afgevaardigdes van elke tak, vrouelidmate met adviserende stem (waarnemers: alle belangstellende vrouelidmate) en die algemene sekretaris: NKHA of sy verteenwoordiger, word hiermee na die Nasionale Kongres opgeroep.

af
af
Deel met behulp van
Copy link