Na afloop van die erediens (gelei deur die voorsitter van die uittredende Kommissie, dr André Ungerer) tydens die opening van die 72ste AKV is toekennings aan vyf persone gemaak.

Die HCM Fourie-erepenning is oorhandig aan prof IWC (Natie) van Wyk, prof EC (Elsabé) Kloppers en dr P (Piet) van Staden. Die naam van die penning is in die 1970’s gevestig ná ’n voorstel van prof JP Oberholzer – dr HCM Fourie word veral onthou as Bybelvertaler. Tydens die 56ste AKV in 1970 is ’n erepenning aan prof HP Wolmarans toegeken op grond van sy positiewe bydrae tot die bestendiging en uitbouing van die Bybels-Reformatoriese teologie en vir besondere diens aan die Kerk. Daarna is besluit om die bekroning periodiek te doen, en moes ’n naam vir die erepenning gekies word.

Die erepenning vir besondere dienslewering is gemaak aan dr WC (Wian) Kloppers en mnr P (Piet) Beukes. Sedert 2007, na aanleiding van ’n besluit van die 67ste AKV in 2004, word die toekenning van hierdie erepenning gemaak aan lidmate en ampsdraers van die Hervormde Kerk as erkenning vir besondere diens wat bygedra het tot die groei en vooruitgang van die Hervormde Kerk in geheel. Vanjaar is die toekenning vir die eerste keer gemaak aan ’n nie-Hervormer, mnr Beukes.

Prof Elsabé Kloppers

Dr Piet van Staden

Prof Natie van Wyk

Mnr Piet Beukes

Dr Wian Kloppers

Share via
Copy link
Powered by Social Snap