Ds Markus Pretorius (37) is op 28 Januarie 2024 in Gemeente Weltevreden bevestig deur ds Wouter van Wyk van die NG gemeente Kempton Kruin. Die verwelkoming namens Weltevreden is gedoen deur die skriba, dr Danie Jansen van Rensburg. Dr Wouter van Wyk het ’n groeteboodskap namens die Kommissie van die AKV gelewer, en dr Gerhard Nel ’n verwelkoming in die ring van Roodepoort. Ds Pretorius is op 1 Desember 2016 gelegitimeer en het sedertdien in Eendracht en Kriel gedien.
Ds Retha Losper (née Lombard) (34) is Sondag 11 Februarie 2024 in Gemeente Suidoos-Witbank deur haar vader, ds Naas Lombard (emeritus), in die voltydse werkruimte bevestig. Ds Naas het verlede jaar op 4 Junie emeritaat in die gemeente aanvaar. Ds Retha, wat in ’n benoemingspos in die gemeente was, is gedurende Januarie beroep. Sy is op 4 Desember 2014 gelegitimeer en het sedertdien in Ogies en Suidoos-Witbank gedien.
