Laat jou woorde min wees

Baie doenigheid  bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde. As jy aan God ’n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir ’n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig? Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde. Maar dien jy vir God! (Prediker 5: 2-6)

O Here, U ken my volkome,
U sien tot in my wesensgrond.
U toets my hart, lees my gedagte
voor daar ’n woord kom uit my mond.
Waar ek my ook al wend of keer,
U is voortdurend by my, Heer.

Bekend is U met al my tye
van voor my eerste daeraad.
Slegs U bepaal my aantal jare,
die afsny van my lewensdraad.
O, u gedagtes is soos sand,
ontelbaar vir my klein verstand.

(Lina Spies,
Psalm 139: 1 en 4, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap