Wees dankbaar

Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4: 12-13)

Aan U, o God, my dankgesange –
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange,
u lig, my Lig, sal hoër rys.
U het my met u guns versadig
en as ’n vader my beskerm;
met seëninge, so milddadig,
U dag en nag oor my ontferm.

Dank, Vader, dank vir u genade –
dis onverdiende guns alleen!
Beoordeel U na reg my dade,
waar sal ek skuil, waar vlug ek heen?
Maar nee, ek mag, ek wil nie vrees nie,
U spreek my vry om Jesus bloed;
ek sal nie meer bekommerd wees nie –
in Hom is rus vir my gemoed.

(Attie van der Colf,
Gesang 562: 1 en 3, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap