Soos ’n kindjie by sy moeder
’n Pelgrimslied. Van Dawid.
Here, my hart is nie hoogmoedig en my oë nie verwaand nie. Ek hou my nie besig met groot dade of wonderwerke bo my vermoë nie. Nee, ek het my gemoed tot kalmte en bedaring gebring. Soos ’n kindjie by sy ma, soos ’n kindjie, is my gemoed in my. Israel, vestig jou hoop op die Here, van nou af en vir altyd. (Psalm 131, Direkte Vertaling 2014)
Geen strewe jaag ek na bo my vermoë,
geen trots of hoogmoed is daar in my oë.
Sal ek die groter dinge wil oortref
en sal ek my, o Heer, teen U verhef?
’n Kind rus in sy moeder se beskerming.
So vind ek vrede, Heer, in u ontferming.
Wag, Israel, vertrou Hom deurentyd.
Wag op die Here tot in ewigheid.
(TT Cloete,
Psalm 131: 1-2, Liedboek van die Kerk)
