Belofte van die Heilige Gees

“As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou. En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Parakleet gee, sodat Hy vir ewig by julle kan wees. Hy is die Gees van die waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat die wêreld Hom nie sien nie en ook nie ken nie. Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog ’n kort tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek leef en julle sal leef.” (Johannes 14: 15-19, AFR2020)

Ons sing nou bly ons vreugdelied
en juig in onse Here;
dis Hy wat hemelvreugde bied;
ons sing sy Naam ter ere!
Die Heer het waarlik opgevaar;
ons weet sy Woord bly ewig waar –
Hy is ons Hoof en Here!

(Gerjo van der Merwe / Reneé Marais,
Gesang 426: 1, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap