Ons wag op die Môrester

Ek sien hom, maar hy kom nie nou al nie, ek kyk na hom, maar hy is nie naby nie, daar kom ’n ster uit Jakob, daar staan ’n heerser in Israel op (Numeri 24: 17, AFR1983).

Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels en legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.” Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was. En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte (2 Petrus 1: 16-19, AFR1983).

Hoe glansryk blink die Môrester,
hoe helder skyn die lig van ver
in donker aardse nagte!
O Ster uit Jakob wat ook my
met hierdie wonderlig verbly,
ek is u dag te wagte.
Christus Jesus,
U wat lewe,
hoor my lied en
hoor my bede:
O bestraal my pad met vrede!

(Izak de Villiers,
Gesang 372: 1, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap