Die Here het opgevaar na die hemel!
9Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het” (Hand 1: 9-11, AFR83).
Die Heer regeer, Hy’t opgevaar,
die dood kon Hom nie hou nie.
Sy almag sal ook óns bewaar –
wie sal op Hom nie bou nie?
Dis Hy wat oor sy volk regeer,
ook in hul aardse woning.
As regter kom Hy eenmaal weer
met straf of met beloning.
(Gesang 429: 1 en 5)