Vertrou op die Here
Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak (Spr 3: 5-6, AFR2020).
Dié wat My liefhet, word veilig bewaar.
Dié wat my Naam ken, oorwin in gevaar.
As hul My aanroep, is Ek reeds daar,
hul sal met vreugde my redding ervaar.
Dié wat na God gaan vir skuiling,
sal Hy veilig beskerm en omvou.
U bly my veilige vesting,
U, my Here, op wie ek vertrou.
(VONKK 160: 1)