Laat dié wat dors het, kom

 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.”

 Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. (Johannes 7: 37-39)

Loof, loof die Here, dis volbring –
die worsteling in bange duister.
Die son het van die hemeltrans
die kruis omglans met nuwe luister.
Dit is volbring, volmaak volbring –
Christus oorwin die dood volkome.
Halleluja! Dit is volbring –
Gods goedheid vloei in volle strome.

Laat dié wat dors het nou na Hom
met vreugde kom uit dor woestyne.
Hy is die rots – o neem dit aan! –
vir ons geslaan tot heilsfonteine.
Triomf, triomf, sing wêreldrond,
sing uit een mond: Ons is vergewe!
Ja – Halleluja! – dis volbring.
Aan Christus lof: Hy is ons lewe!

(Attie van der Colf,
Gesang 385: 1-2, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap