
Prof WA (Wim) Dreyer
Voorsitter
Prof WA (Wim) Dreyer, die afgelope drie jaar visevoorsitter van die Kommissie van die AKV, is verkies tot voorsitter vir die volgende drie jaar.

Ds JF (Hannes) van der Merwe
Skriba
Ds JF (Hannes) van der Merwe, die afgelope ses jaar viseskriba van die Kommissie van die AKV, is verkies tot skriba vir die volgende drie jaar.

Ds L (Leon) Geel (sr)
Visevoorsitter
Ds L (Leon) Geel (sr), die afgelope drie jaar predikantslid van die Kommissie van die AKV en van 2013 tot 2016 skriba, is verkies tot visevoorsitter vir die volgende drie jaar.

Ds JM (Janine) Bevolo-Manders
Viseskriba
Ds JM (Janine) Bevolo-Manders is verkies tot viseskriba van die Kommissie van die AKV.

Dr SM (Sanrie) de Beer
Predikantslid
Dr SM (Sanrie) de Beer is verkies tot predikantslid van die Kommissie van die AKV. Sy het ook van 2016 tot 2019 as predikantslid van die Kommissie gedien.

Dr RA (Rudy) Denton
Predikantslid
Dr RA (Rudy) Denton is verkies tot predikantslid van die Kommissie van die AKV.
Ouderlinglede van die Kommissie van die AKV
Agt van die nege ouderlinglede van die Kommissie van die AKV wat van 2019 tot 2022 gedien het, is herkies. Hulle is oudle SL Kotzé, FJ Paynter, SE Beeslaar, D Esterhuizen, AJP le Roux, AD Pieterse, JG van Heerden en MP van Niekerk. Oudl JD Fourie is verkies as die negende ouderlinglid.
Raad van Finansies
Na afloop van die 73ste AKV is die Raad van Finansies nuut saamgestel. Die Raadslede vir die volgende termyn is mnr J (Hannes) Combrink, mnr PP (Paul) Vorster, mnr GS (Gert) van Wyk, ds LH (Lydia) Miller en ds IJ (Jaco) Vogel.