Johannes 4: 5-42 (AFR2020)

Jesus, ’n Joodse man in Samaria, is moeg en dors. Sy dilemma: Hy het géén skepding vir drinkwater byderhand nie. Jesus is egter die bron van Lewende Water. Die Samaritaanse vrou is tuis. Sy het ’n skepding en het dus toegang tot die water van hierdie fontein. Jesus vra vir haar om water en hier begin ’n stuk onthulling oor sy ware identiteit.

Die gesprek gaan oor water, lewende water wat opborrel tot die ewige lewe. Dit is die water wat Hy bied. Maar daar kom ’n wending wanneer Hy onverwags vir haar opdrag gee om haar man te gaan roep. Wat het die vraag met water te make? Vir die hoorders sou hierdie opdrag ’n afwagting skep. Jesus beaam haar antwoord en brei daaroor uit. Hierdie gesprek fokus op water en die lewende water.

Jesus verklaar dat die Vader in gees en waarheid aanbid sal word. Hy gee hierdie Samaritaanse vrou insig in die geheimvolle aard van God. Sy word ingenooi in hierdie werklikheid. Sy sê: Ek weet die Messias wat Christus genoem het, kom. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak. Jesus bevestig daar en dan teenoor haar: Ek is, is die Een wat met jou praat. Kosbaar dat Hy hierdie waarheid toevertrou teenoor iemand anders: ’n vrou en ’n Samaritaan. Hy bied hoop vir almal wat in Gees en in waarheid aanbid.

Die vrou gaan vertel dit oor en getuig: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het! Wat sy vir hulle vertel het, was gefilter deur haar eie verstaan van wie Jesus is. Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het Hom self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is. Samaritane erken Jesus as die Verlosser van die wêreld – nie net as Joodse Messias of as Samaritaan nie. Sy sending, nie gebind deur sosiale, kulturele, etniese of religieuse konvensies nie. Hy leer van inklusiwiteit. Besef ons dat sy liefde regtig nie perke het nie?

Ds Kathleen Smith, Kaapstad